Gotarzes II van Partië

Gotarzes II (𐭂𐭅𐭕𐭓𐭆, Gōtarz) was van 40 tot 51 n.C. koning van konings van die Partiese Ryk. Hy was 'n aangenome seun van Artabanus II.

Gotarzes II
Koning van konings
Gotarzes II se portret op die voorkant van 'n tetradragme wat in 49 gemunt is.
Koning van die Partiese Ryk
Heerskappy40-51
VoorgangerVardanes I
OpvolgerVonones II
Oorlede51
DinastieArsakiede
VaderGev (biologies)
Artabanus II (aanneempa)
ReligieZoroastrisme

Toe Artabanus in 40 sterf, het sy seun Vardanes I hom opgevolg. Gotarzes II het egter die troon geroof[1][2] en sy beheer oor 'n groot deel van Partië uitgebrei. Vardanes moes na Baktrië vlug.

Vardanes se kort bewind het geëindig toe hy tydens 'n jaguitstappie vermoor is.[3] Ná sy dood omstreeks 46 het Gotarzes II oor Partië regeer tot met sy eie dood kort daarna – volgens Tacitus weens 'n siekte, terwyl Josephus meen hy is vermoor. Gotarzes II is vir 'n kort rukkie deur sy oom Vonones II opgevolg, en daarna deur dié se seun Vologases I.

Verwysings

wysig
  1. Bivar 1983, p. 75.
  2. Olbrycht 2016, p. 32.
  3. Dąbrowa 2017, p. 178.

Bronne

wysig
  • Bivar, A.D.H. (2007), "Gondophares and the Indo-Parthians", in Curtis, Vesta Sarkhosh en Sarah Stewart, The Age of the Parthians: The Ideas of Iran, 2, Londen & New York: I.B. Tauris & Co Ltd., in association with the London Middle East Institute at SOAS and the British Museum, pp. 26–36, ISBN 978-1-84511-406-0 
  • Dąbrowa, Edward (2017). "Tacitus on the Parthians". Electrum: 171–189.
  • Olbrycht, Marek Jan (2016). "Dynastic Connections in the Arsacid Empire and the Origins of the House of Sāsān". In Curtis, Vesta Sarkhosh; Pendleton, Elizabeth J.; Alram, Michael; Daryaee, Touraj (reds.). The Parthian and Early Sasanian Empires: Adaptation and Expansion. Oxbow Books. ISBN 9781785702082.

Skakels

wysig
Voorganger
Vardanes I
Gotarzes II Opvolger
Vonones II