Grüner Veltliner
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Grüner Veltliner ([vɛltˈliːnɐ] of [fɛltˈliːnɐ][1]), soms ook Weißgipfler genoem, is 'n wit wynkultivar wat meestal in die droë styl gemaak word. Dit is die belangrikste kultivar in Oostenryk en word sodoende in die buiteland dikwels as die Alperepubliek se nasionale kultivar beskou. Die druiwesoort word hoofsaaklik in die deelstaat Neder-Oostenryk verbou, en hier veral in die Weinviertel, 'n streek waar dit optimaal by die bestaande klimaat- en ander toestande aangepas kan word.
Grüner Veltliner het sy oorsprong vermoedelik in 'n kruising van Traminer (aan vaderskant) en St. Georgen (aan moederskant). Die laasgenoemde druiwesoort is eers in 2000 in St. Georgen, 'n nedersetting in die Leitha-bergreeks (deelstaat Burgenland), herontdek.[2]
Grüner Veltliner-witwyn is geurig, met vrugte- en pepergeure. Volgens die DAC-verordening[3] mag wyne, wat uit die kultivar gemaak word, bemark word as Weinviertel DAC, Traisental DAC, Kremstal DAC, Kamptal DAC en Leithaberg DAC.
Verwysings
wysig- ↑ www.duden.de: Grüner Veltliner. Besoek op 21 Februarie 2017
- ↑ Ministerium für ein lebenswertes Österreich: Grüner Veltliner. Besoek op 2 Februarie 2017
- ↑ "Districtus Austriae Controllatus", Oostenrykse gesertifiseerde wyn van oorsprong