Graafwater-tolbos

Die Graafwater-tolbos (Leucadendron brunioides subsp. flumenlupinum) is 'n blomdraende struik en subspesie van Leucadendron brunioides, wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom vanaf Graafwater tot by Aurora en Eendekuil.

Graafwater-tolbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Leucadendron
Spesie:
L. b. subsp. flumenlupinum
Binomiale naam
Leucadendron brunioides subsp. flumenlupinum
I.Williams, (1972)

Die plant spruit weer uit nadat dit gebrand het. Die sade word in 'n tol op die vroulike plant geberg en val eers grond toe wanneer die blom ryp geword het en deur wind versprei word. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike en vroulike blomme, wat deur insekte bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik in syferwater en rivierbeddings.

In Engels staan dit as die Graafwater conebush bekend. Daar is ook 'n ander subspesie, Leucadendron brunioides subsp. brunioides.

Sien ook

wysig

Bronnelys

wysig