Grande Terre
Grande Terre (Frans vir: "groot land" of "hoofland") is verreweg die grootste eiland van die Franse oorsese gebied Nieu-Kaledonië, beide volgens oppervlakte en bevolking. Op die eiland is ook Nieu-Kaledonië se hoofstad en grootste stad, Nouméa, geleë. Grande Terre lê in die oostelike Koraalsee, met Australië in die weste en Nieu-Seeland in die suide.
Grande Terre Bynaam: Le Caillou ("die rots") | |
---|---|
Landskap in die suide van Grande Terre | |
Geografie
| |
Ligging | Melanesië, Stille Oseaan |
Koördinate | 21°17′S 165°21′O / 21.283°S 165.350°O |
Argipel | Nieu-Kaledonië
|
Oppervlakte | 16 372 vk km |
Hoogste punt | Mont Panié 1 628 m |
Administrasie | |
Nieu-Kaledonië | |
Provinsies | Suid-Provinsie |
Hoofstad | Nouméa |
Grootste stad | Nouméa (94 285)
|
Demografie | |
Bevolking | 247 600
|
Grande Terre beslaan 'n oppervlakte van 16 372 km² en word soms as die grootste eiland van Frankryk beskou, aangesien dit selfs groter as Korsika (8 680 km²) is. Dit streek sowat 400 km in 'n noord-suidelike rigting en is 50–70 km breed. Die hoogste berg is Mont Panié met 'n hoogte van 1 628 m.
Die Britse ontdekkingsreisiger James Cook het Grande Terre in 1774 vir Europa ontdek en dit New Caledonia genoem, Caledonia was 'n Latynse benaming vir dele van Noord-Skotland. Later is die naam Nieu-Kaledonië vir Grande Terre en die omliggende eilande toegepas. Soms word die benaming Nieu-Kaledonië egter ook vir Grande Terre gebruik.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Grande Terre.
- (en) Toerisme-inligting oor Grande Terre op Wikivoyage
- (en) "New Caledonia". Encyclopædia Britannica. Besoek op 26 April 2020.