GroenLinks
GroenLinks (Nederlands: GroenLinks, GL) is 'n Nederlandse links-ekologiese politieke party wat in 1990 gestig is. GroenLinks is uit vier linkse partye gevorm: die Kommunistiese Party van Nederland (CPN),[1] die Pasifisties Sosialistiese Party (PSP), die Politieke Party Radikale (PPR) en die Evangeliese Volksparty (EVP).
GroenLinks | |
GL | |
Leier | Jesse Klaver |
---|---|
Gestig | 1 Maart 1989 |
Samesmelting van | Regenboog, Pacifistisch Socialistische Partij, Communistische Partij Nederland, Politieke Partij Radikalen, Evangelische Volkspartij |
Hoofkwartier | Partijbureau GroenLinks, Oudegracht 312, Utrecht |
Jeugvleuel | DWARS |
Ideologie | Groen politiek, progressiwisme, groen liberalisme |
Internasionale affiliasie | Global Greens |
Webblad | groenlinks.nl |
Die politieke leier, in de Tweede Kamer is Frans Timmermans. In die verkiesings van die nuwe Tweede Kamer op 22 November 2023 het GroenLinks saam met die Party van die Arbeid 25 setels behaal.
- vir die samewerkende faksie, sien; GroenLinks-PvdA
Partyleiers
wysig- Ria Beckers: 17 Junie 1989 – 20 April 1993
- Peter Lankhorst: 20 April 1993 – 22 Februarie 1994
- Ina Brouwer: 22 Februarie 1994 – 4 Mei 1994
- Paul Rosenmöller: 4 Mei 1994 – 26 November 2002
- Femke Halsema: 26 November 2002 – 16 Desember 2010
- Jolande Sap: 16 Desember 2010 – 8 Oktober 2012
- Bram van Ojik: 8 Oktober 2012 – 12 Mei 2015
- Jesse Klaver: 12 Mei 2015 – nou
DWARS
wysigDie jeugorganisasie van GroenLinks is DWARS. Dié organisasie is onafhanklik van GroenLinks, maar behou kontak met dié party. Vergaderings van die nasionale partyraad van GroenLinks en die vergaderings van die Tweede Kamer-faksie word deur die voorsitter van DWARS bygewoon.
Verwysings
wysig- ↑ Nederlandse afkorting.
Bronne
wysig- GroenLinks (GL), Parlement.com
- GroenLinks (GL), DNPP