Hückeswagen
Hückeswagen is 'n stad in die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfale in die distrik Oberbergischer Kreis met 'n bevolking van sowat 15 600 en 'n oppervlakte van 50,5 km². Hückeswagen lê 308 m bo seevlak en sowat 40 km van Keulen af in die Bergisches Land aan die Wupper-rivier. Daar is twee damme in die stadsgebied, die Bevertalsperre en die Wuppertalsperre. Die plaaslike kasteel dateer uit die 12de eeu.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Noordryn-Wesfale |
Koördinate | 51°9′N 7°20′O / 51.150°N 7.333°O |
Stigting | 1085 (eerste verwysing) |
Stadstatus | 4 April 1859 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 50,5 vk km |
Hoogte bo seevlak | 308 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2011) | 15 599[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 309/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 |
Burgemeester | Uwe Ufer |
Amptelike webwerf | hueckeswagen.de |
Verwysings
wysig- ↑ "Information und Technik Nordrhein-Westfalen". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 September 2011. Besoek op 21 Augustus 2012.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Hückeswagen. |