Haggai
Haggai is die 37ste boek in die kanon van Hebreeuse Geskrifte wat as die Ou Testament in die Bybel opgeneem is. Hierdie boek is die tiende van die sogenaamde twaalf Klein Profete. In 'n aantal kort boodskappe wat hy in 520 v.C. van die Here ontvang het, spoor die profeet die volk aan om die tempel te herbou. Die Here beloof voorspoed en vrede aan 'n gelouterde volk en verklaar dat Hy besondere eer aan sy dienaar Serubbabel sal gee.
Haggai was 'n tydgenoot van Sagaria.
Bron
wysig- Die Bybel: Nuwe vertaling (Bybelgenootskap van Suid-Afrika)
Eksterne skakels
wysig- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Haggai.