Hemisfeer
(Aangestuur vanaf Halfrond)
'n Halfrond of hemisfeer is die helfte van die oppervlakte van 'n bolvormige liggaam, soos die planeet Aarde. Die woord hemisfeer beteken letterlik halwe bol. Die liggaam kan op verskillende maniere in halfrondes ingedeel word:
- In 'n noordelike en 'n suidelike halfrond: geleë ten noorde of ten suide van die ewenaar. Die noordelike deel word die noordelike halfrond genoem, die ander die suidelike halfrond.
- Op vergelykbare wyse kan die Aarde, volgens die nulmeridiaan, verdeel word in 'n oostelike en 'n westelike halfrond.
- Die halfrond waar die grootste landoppervlakte gevind word, word die landhalfrond genoem; die halfrond met die grootste wateroppervlak is die waterhalfrond.
-
Die noordelike halfrond.
-
Die suidelike halfrond.
-
Die oostelike halfrond.
-
Die westelike halfrond.
-
Die landhalfrond.
-
Die waterhalfrond.