Halssnoernewel
Die Halssnoernewel (PN G054.2-03.4) is 'n planetêre newel van 19 biljoen (19 x 1012) km breed[1] wat sowat 15 000 ligjare van die Son af geleë is, in die noordelike sterrebeeld Pyl (Sagitta). Dit is in 2005 ontdek in 'n planetêrenewelopname van die noordelike galaktiese vlak.[2]
Halssnoernewel | ||||
'n Foto deur die Hubble-ruimteteleskoop, wat die Halssnoernewel se emissies van waterstof (blou), suurstof (groen) en stikstof (rooi) wys.[1] | ||||
Soort newel | Planetêre newel | |||
Sterrebeeld | Pyl | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 19h 43m 59.51104s | |||
Deklinasie | +17° 09′ 00.9579″ | |||
Ander name | ||||
IRAS 19417+1701, IPHASXJ194359.5+170901, PN G054.2-03.4 | ||||
|
Die newel het ontstaan nadat 'n reusester te na aan sy sonagtige dubbelstermetgesel gekom het. Die twee sterre wat dit veroorsaak, is in 'n relatief klein wentelbaan om mekaar. Hulle het 'n periode van 1,2 dae en 'n skeiding van sowat vyf keer die radius van die Son. Sowat 10 000 jaar gelede het een van die sterre uitegsit en sy metgesel verswelg. Die kleiner ster het binne sy metgesel bly wentel en die reus se rotasietempo verhoog.
Die ster wat uitgesit het, roteer so vinnig dat 'n groot deel van sy gasagtige omhulsel in die ruimte uitgesit het. Vanweë sy middelpuntvliedende krag het die meeste van die gas met die ster se ewenaar langs ontsnap en 'n ring geproduseer. Die helder knope is digte gasklonte in die ring.[1]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 Hubble Offers a Dazzling 'Necklace', NASA press release dated August 11, 2011.This article incorporates public domain text from this US government website.
- ↑ Hubble Offers a Dazzling View of the 'Necklace' Nebula, news release STScI-2011-24 dated August 11, 2011, from Space Telescope Science Institute
Skakels
wysig- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.