Hannes Taljaard
Daniël Johannes Taljaard is 'n Suid-Afrikaanse komponis van klassieke musiek. Hy is gebore op 13 Maart 1971 in Siloam, Venda, Suid-Afrika.
Daniël Johannes Taljaard | |
---|---|
Gebore | 13 Maart 1971 Siloam, Venda (Suid-Afrika) |
Beroep(e) | komponis |
Taljaard se komposisies is al in Suid-Afrika en Europa uitgevoer en hy het die eerste prys gewen in die Flores Iuventutis kompetisie in Ghent, België in 1994/95. Hy is op die oomblik 'n senior lektor in komposisie en is die plaaslike komponis by die Skool vir Musiek en Konservatorium by die Noordwes-Universiteit (voorheen PU vir CHO) in Potchefstroom, Suid-Afrika. Taljaard het meesterklasse by die Amerikaanse komponis George Crumb gekry asook privaatlesse van die Belgiese komponis Wim Hendrickx[1] in Antwerpen van 1996 tot 2000. Hy het ook die Darmstadt New Music Summer School bygewoon. Hy is redakteur van die akademiese publikasie The South African Music Teacher.[2]
Sy komposisies word beïnvloed deur Afrikaanse en Arabiese musiek.
Orkeswerke
wysig- Sarabande (1996) (Viool en simfonie-orkes)
Kamermusiek
wysig- Komas, 'n Koker en drie Spieëls (1992) (klarinet, basviool(violonsel)/fagot, klavier)
- Impromptu (1993) (tjello solo)
- Nacht und Träume (1993) (klarinet, klavier)
- Metaphor I (1996-1998) (enige gemengde ensemble met tien kunstenaars en dirigent/komponis)
- Introverz (1996-1997) (tjello solo)
- Movement for String Quartet (1998)
- Les Sarabandes (1999-2001) (klavier trio) vir die Erasmus Trio
- Lullaby (2000-2001) (fagot en vibrafoon) vir Andrea Bressan en Saverio Tasca
- Sloka (1999-2001) (fagot solo)
Klavierwerke
wysig- Fünf zärtliche Bagatellen Fünf zärtliche Bagatellen (1993) (solo)
- Drie Nokturnes 1998 vir Bart se konsert in Lier (solo) vir Bart Meuris
- Two Lullabies (2001) (solo)
- En Rêve – Rêvant (2003) (twee klaviere)
Koorwerke
wysig- Nova Cantica Sacra (1987-1898) SATB, SSAATTBB, SMATbB, sommige met soliste
- Meditation I (1998) SSSS, AAAA, TTTT, BBBB
- Uittelrympies (1999) vir kinderkoor met viool, fluit, tjello en klavier
- Raaiselrympies en snelsêers (1999) SSATbB (soli)
- Thula Sthandwa (2001) SMMA
- Rymelary (1999-2001) SSATbB
- Thula Sthandwa (2002) SMATbB
Solo stemwerke
wysig- Song for Simeon (1993-1994) (Bariton, klarinet, fagot, eerste en tweede viool, tjello, klavier). Gedig deur Thomas Stearns Elliot
- Drei Gebete (1994-1995) (Bariton, 2 tjellos). Uit die Luteraanse Gebedeboek
- Wiegieliedjies (Boek 1) (1999) (Sopraan, klarinet, fagot, klavier) vir Erica Eloff. Tradisionele tekste.
- Wiegieliedjies (Boek 2) (1999-2001) (Sopraan, 2 fluite, 2 klarinette, fagot, viool, tjello, harp, klavierduet) vir Erica Eloff. Tradisionele tekste.
- Easter Hymn – STABAT MATER (2002) (Sopraan, klarinet, fagot, klavier) vir Erica Eloff. 'n Engelse teks deur Hannes Taljaard. In die Latyn vertaal deur Willemien Viljoen en Hannes Taljaard.
Verwysings
wysig- ↑ "Wim Hendrickx". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Februarie 2005. Besoek op 30 April 2009.
- ↑ "The South African Music Teacher". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Maart 2007. Besoek op 30 April 2009.
Eksterne skakels
wysig- African Composers Geargiveer 17 Julie 2006 op Wayback Machine
- New Music South Africa