Hans Martin Sutermeister
Hans Martin Sutermeister (Schlossrued, 29 September 1907 - Basel, 4 Mei 1977) was ’n Switserse geneeskundige, skrywer, politikus en verdediger van gevangenes se burgerregte.
Hans Martin Sutermeister | |
---|---|
Hans Martin Sutermeister in 1961 | |
Gebore | 29 September 1907 |
Sterf | 4 Mei 1977 |
Nasionaliteit | Switserland |
Beroep | geneeskundige, skrywer, politikus |
Bekend vir | verdediger van gevangenes se burgerregte |
Handtekening | |
Biografie
wysigSutermeister was die seun van Friedrich Sutermeister en 'n kleinseun van die skrywer Otto Sutermeister. Hy ontvang sy skoolopleiding aan die Humanistiese Gimnasium van Basel en studeer geneeskunde aan die Universiteit van Basel, waar hy die graad Ph.D. in 1942 behaal. In 1942 bring hy sy outobiografie, Zwischen zwei Welten, uit onder die skuilnaam Hans Moehrlen. Ná vyf jaar as geneeskundige word hy aangestel as lektor aan die Universiteit van Bern. Hy trou in 1957 en het drie dogters. Hy was ook lid van die gemeenteraad van Bern. In 1972, ná 'n politieke nederlaag, verhuis hy na Basel.
Hy is die skrywer van talle boeke en artikels oor die geskiedenis van geneeskunde[1] en regsdwalings (hoofsaaklik in sy werk Summa Iniuria).
Belangrikste werke
wysig- (Skuilnaam Hans Moehrlen:) Zwischen zwei Welten: Novelle. (1942) ISBN 978-3226000306
- Psychologie und Weltanschauung: Wirklichkeitsfragen und ihre Beantwortung nach dem heutigen Stande der Wissenschaft in allgemeinverständlicher Darstellung. (1944)
- Von Tanz, Musik und anderen schönen Dingen: Psychologische Plaudereien. (1944)
- Über die Wandlungen in der Auffassung des Krankheitsgeschehens. (1947)
- Psychosomatik des Lachens und Weinens. In: Gesundheit und Wohlfahrt. (1952) PMID 12989438
- Schiller als Arzt: ein Beitrag zur Geschichte der psychosomatischen Forschung. (1955)
- (Met Werner Bärtschi-Rochaix:) Zur Pathophysiologie des Lachens, zugleich ein Beitrag über licht-aktivierte Lachanfälle (1955) PMID 14390935
- Psychosomatik des Musikerlebens. Prolegomena zur Musiktherapie. (1964) PMID 14155994
- Möglichkeiten einer inneren und äusseren Schulreform im Sinne der Gesamtschule in der Stadt Bern. (1971)
- Grundbegriffe der Psychologie von heute. (1976) ISBN 978-3226003130
- Summa Iniuria: Ein Pitaval der Justizirrtümer. (1976) ISBN 978-3226000962
Verwysings
wysig- ↑ Verzameling overdrukken van tijdschriftartikelen en kleine geschriften op het gebied van de geneeskunde en de psychologie uit de jaren 1943- OCLC 212427383
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Hans Martin Sutermeister. |
- Besonderhede van sy pennevrug op World Catalogue
- „Wählt Landesring: Dr. med. Hans–Martin Sutermeister in den Gemeinderat.“ Geargiveer 6 Januarie 2014 op Wayback Machine ’n Foto van Sutermeister.