Hantamberg

berg in Suid-Afrika

Die Hantamberg is ‘n opvallende berg in die landstreek bekend as die Hantam in die Karoo.

Dit loop van wes na noordoos, het ‘n omtrek van 129 km by sy voet en beslaan ‘n oppervlakte van 171 km². Aan die suidelike voet is die dorp Calvinia en die Akkerendam-natuurreservaat. So ‘n 9 km noordwes van die dorp by 31° 23′ 59″ suid en 19° 48′ 58″ oos is die hoogste punt op 1407 m bo seespieël.

In die tradisionele Afrikaanse musiek van Chris le Roux, Sias Reinecke. Carike Keuzenkamp, Lance James, Ddisselboom en die Klipwerf Orkes kom die Hantamberge gereeld voor.

Bibliografie

wysig