Harry Oppenheimer

(Aangestuur vanaf Harry Frederick Oppenheimer)

Harry Frederick Oppenheimer (* 28 Oktober 1908 in Kimberley; † 19 Augustus 2000 in Johannesburg) was 'n prominente Suid-Afrikaanse besigheidsman en een van die rykste mense ter wêreld.

Harry Oppenheimer
Harry Oppenheimer in 1957
Gebore
Harry Frederick Oppenheimer

28 Oktober 1908
Sterf19 Augustus 2000 (op 91)
NasionaliteitSuid-Afrikaner
BeroepBesigheidsman
Bekend virMynmagnaat
Ouer(s)Ernest Oppenheimer
May Pollack

Oppenheimer was die seun van May Pollack[1] en Ernest Oppenheimer. Hy is gebore in 'n geassimileerde Joodse familie van Duitse oorsprong in Kimberley, die oorspronklike gebied waar diamante gemyn is, maar leef vir die grootste deel van sy lewe in Johannesburg. Toe hy dertien word het hy 'n formele Bar mitzvah-seremonie in 'n sinagoge in Kimberley ontvang, maar neem die Christelike geloof met sy troue aan.

Nadat hy laerskool in Johannesburg voltooi het, gaan hy skool by die Charterhouse School in Engeland. Daarna skryf hy in aan Christ Church, Universiteit van Oxford en gradueer in 1931 in filosofie, politiek en ekonomie.

Verwysings

wysig
  1. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2019. Besoek op 24 Augustus 2011.