Hartens (speelkaarte)
Hartens of harte (Frans: Cœur, Duits: Herz) is een van die kleure, of stelle, in 'n pak speelkaarte van beide die Franse en Duitse ontwerp. Die simbool verskil egter effens: in 'n Franse en in 'n Duitse pak kaarte.
In brug, waarvoor die Franse kaarte algemeen in Duitsland gebruik word, word dit op die Franse naam, Cœur, genoem. In speletjies met Duitse kaarte word die hartens dikwels "Rooi" (Rot) genoem. In die spel watten is die hartensheer die hoogste troefkaart.
Die stel is in die 15de-eeuse Duitsland ontwerp en is die oorblyfsel van 'n groot poel eksperimentele tekens wat geskep is om die Latynse simbole te vervang.[1]
Naam
wysigDit is nie bekend wat die oorsprong is van die term "hart" vir die simbool is nie, en dit lyk net effens soos 'n regte hart.[2] Ekwivalente in ander tale beteken gewoonlik ook "hart".
-
Die hart in 'n Duitse pak kaarte.
-
Die hart in 'n Franse pak kaarte.
Eienskappe
wysigDie simbool is hartvormig en die onderkant eindig in 'n skerp punt. Die twee lobbe wys na bo. Hartens is gewoonlik rooi.
Franse patroon
wysigHier onder is die hartens van 'n Franse pak met 52 kaarte (die hartensridder, wat in tarotkaartspeletjies gebruik word, word nie vertoon nie):
-
Aas
-
2
-
3
-
4
-
5
-
6
-
7
-
8
-
9
-
10
Duitse patroon
wysigHier onder is die Duitse hartens uit 'n pak van 32 kaarte:
-
7
-
8
-
9
-
10
-
Unter
-
Ober
-
Koning
-
Daus
Unicode
wysigIn Unicode kom 'n swart hart ♥ en wit hart ♡ voor.
Verwysings
wysig- ↑ Dummett, Michael (1980). The Game of Tarot. Londen: Duckworth. pp. 10–32.
- ↑ K. McDonell (13 Februarie 2007). "The Shape of My Heart - Where did the ubiquitous Valentine's symbol come from?". Slate.
Skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Hartens (speelkaarte).
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.