Haselneut
Haselneut Voedingswaarde per 100 g | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Energie 630 kcal 2630 kJ | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Persentasies is relatief tot VSA aanbevelings vir volwassenes. Bron: USDA Voedingstof-databasis |
Haselneut is die neut van die hasel. Die neut is bolvormig tot ovaal, ongeveer 15-25 mm lank en 10-15 mm in deursnee, met 'n buitenste fibreuse skil rondom 'n gladde dop. Die neute val uit hul doppe wanneer dit ryp is, ongeveer sewe tot agt maande na bestuiwing. Die kern van die saad is eetbaar en kan rou gebruik of gebraai word, of die basis van 'n pasta vorm. Hasel word ook gebruik vir veevoer, net soos kastanjes en akkers. Die saad het 'n dun, donker bruin vel, wat soms verwyder word voordat dit gekook word.
Haselneute word in kommersiële hoeveelhede verbou in Turkye, Azerbaijan, Italië, Griekeland, Georgia, in die suide van die Spaanse streek Katalonië, in Kent County in die Verenigde Koninkryk en in die Amerikaanse state van Oregon en Washington. Turkye is die grootste produsent van haselneute in die wêreld met ongeveer 75% van die produksie.
Haselneute word gebruik om die gebak "praline" te maak, en ook gebruik in kombinasie met sjokolade, sjokoladetruffels en produkte soos Nutella en Frangelico-likeur. Haselneutolie, gepers uit haselneute, het 'n sterk geur en word soms gebruik as 'n kookolie.
Haselneute is ryk aan proteïen en onversadigde vette. Verder bevat dit goeie hoeveelhede tiamien en vitamien B6, sowel as kleiner hoeveelhede van ander B-vitamiene.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Haselneut.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |