Hatfield House

naby Hatfield, Hertfordshire
Engeland
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk


Koördinate
51°45′38″N 0°12′35″W / 51.76056°N 0.20972°W / 51.76056; -0.20972


Opgerig
1611


Boustyl
Jacobeaans


Webtuiste
Hatfield House

Hatfield House is 'n country house in Hatfield, 'n nedersetting in die Engelse graafskap Hertfordshire. Die huidige Jacobeaanse herehuis, wat in 'n uitgestrekte park (die Groot Park) geleë is, is in 1611 opgerig deur Robert Cecil, die eerste graaf van Salisbury en hoofminister onder koning Jakobus I. Die huis dien sedertdien as die setel van die Cecil-familie.

Hatfield House word as 'n uitstekende voorbeeld van Jacobeaanse boukuns beskou en is tans die woning van Robert Gascoyne-Cecil, 7de markies van Salisbury. Die huis staan oop vir die publiek.