Heart (musiekgroep)
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Heart is 'n Amerikaanse rockgroep wat eers in Kanada en later in die VSA en wêreldwyd sukses behaal het. Die groep is aanvanklik in 1963 deur Steve Fossen en die broers Roger Fisher en Mike Fisher begin. Hulle het die groep eers Army genoem, later White Heart en in die vroeë 70's die naam Heart aangeneem.[1] Ann Wilson sluit in 1970 by die groep aan, en haar suster, Nancy Wilson in 1974.[2] Hul debuutalbum Dreamboat Annie word in 1975 in Kanada vrygestel en bereik ongeveer 30 000 verkope. Kort daarna word dié album in die VSA vrygestel en bereik platinumstatus. In 1977 stel hulle die album Little Queen vry en behaal groot sukses met die liedjie Barracuda vanaf dié album, met meer as 'n miljoen verkope as enkelsnit.
Heart | |
---|---|
Heart tree op in 2012 | |
Agtergrondinligting | |
Oorsprong | Seattle, Washington |
Genres | Rock |
Jare aktief | 1973 ~ nou |
Etikette | Mushroom, Epic, Sony BMG, Portrait, Legacy, EMI, Capitol, Shout! Factory, Sovereign, Sony Legacy |
Assosiasies | The Lovemongers, Alias |
Webwerf | www |
Lede | Ann Wilson, Nancy Wilson, Ben Smith, Craig Bartock, Chris Joyner, Dan Rothchild |
Gewese lede | Steve Fossen, Roger Fisher, Ray Schaefer, Don Wilhelm, James Cirrello, Debi Cuidon, Ken Hansen, Ron Rudge, Gary Ziegelman, David Belzer, Jeff Johnson, Mike Fisher, Mike Flicker, John Hannah, Brian Johnstone, Howard Leese, Michael Derosier, Denny Carmassi, Mark Andes, Denny Fongheiser, Fernando Saunders, Scott Olson, Jon Bayless, Frank Cox, Scott Adams, Mike Inez, Tom Kellock, Darian Sahanaja, Gilby Clarke, Ric Marksman, Kristian Attard, Debbie Shair |
Ateljeealbums
wysig- Dreamboat Annie (1975)
- Magazine (1977)
- Little Queen (1977)
- Dog and Butterfly (1978)
- Bébé le Strange (1980)
- Private Audition (1982)
- Passionworks (1983)
- Heart (1985)
- Bad Animals (1987)
- Brigade (1990)
- Desire Walks On (1993)
- Heart Presents a Lovemongers' Christmas (2001)
- Jupiters Darling (2004)
- Red Velvet Car (2010)
- Fanatic (2012)
- Beautiful Broken (2016)
Eksterne skakels
wysigVerwysings
wysig- ↑ "Heart Biography by Jason Ankeny" (in Engels). allmusic.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 November 2019. Besoek op 1 Julie 2017.
- ↑ "Ann Wilson Biography" (in Engels). biography.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Augustus 2018. Besoek op 1 Julie 2017.