Heelgetal
getal wat geskryf kan word sonder 'n breuk- of desimale komponent
Die versameling van heelgetalle sluit in negatiewe en positiewe getalle wat geen breukdeel het nie. So is 1 'n heelgetal maar 1,01 is nie. Laasgenoemde is 'n reële getal.
Die getal nul is ook deel van die versameling heelgetalle.
Die reeks heelgetalle lyk so:
- (die getallelyn)
Eienskappe van heelgetalle
wysigHoe verder links jy beweeg op die getallelyn, hoe kleiner is die getal, bv.
- 1 is kleiner as 5
- -2 is kleiner as 1
- -5 is kleiner as -4
Hoe verder regs jy beweeg op die getallelyn, hoe groter word die getal, bv.
- 3 is groter as 1
- 1 is groter -3
- -3 is groter as -5
Wanneer jy 2 positiewe getalle bymekaar tel, kry jy 'n positiewe antwoord, bv.
- 5 + 8 = +13, maar ons skryf net 13
- 23 + 11 = 34
As jy 2 negatiewe getalle bymekaar tel, bly die antwoord negatief, bv.
- (-3) + (-5) = -8
- (-12) + (-6) = -18
As jy 'n negatiewe getal by 'n positiewe getal tel, kry die antwoord die teken van die grootste syfer, bv. [nb! grootste syfer beteken nie grootste getal nie]
- 16 + (-7) = 9 (16 was die grootste syfer en was positief – die antwoord bly positief)
- 8 + (-21) = -13 (21 was die grootste syfer – die antwoord word dus negatief)
Sien ook
wysigBronnelys
wysigSien heelgetal in Wiktionary, die vrye woordeboek. |