Reële getal
In wiskunde is 'n reële getal 'n waarde wat 'n hoeveelheid op 'n kontinue lyn verteenwoordig. Die reële getalle sluit al die rasionale getalle, soos bv. die heelgetal -5 en die breuk 4/3, en al die irrasionele getalle soos bv. √2 in.
Reële getalle sluit dus die volgende getalle in:
Getal | Beskrywing | Voorbeeld |
---|---|---|
Natuurlike getal | Positiewe heelgetalle. | 1, 2, 3, ... |
Heelgetalle | Getalle wat nie desimale bevat nie. | 1, 30, -19, 21 |
Priemgetalle | Slegs deelbaar deur 1 en die getal self. | 2, 3, 5, 7, 11, 13, 17 |
Ewe getal | Deelbaar deur 2. | 2, 4, 6, 8, 10, ... |
Onewe getal | Nie deelbaar deur 2 nie. | 1, 3, 5, 7, 9, ... |
Rasionale getal | Kan geskryf word as 'n eenvoudige breuk. | 1/4, 63/103, 5/517 |
Irrasionale getal | Kan nie geskryf word as 'n eenvoudige breuk nie. | pi (π) = 3.14159... |
Kyk ook
wysigEksterne skakels
wysig- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir reële getal.