Heer van Breda
Die Heerlijkheid Breda (later ook die Baronie van Breda genoem) in die suide van Nederland, het verskeie geslagte as here geken.
Here van Schoten
wysigDie eerste Here van Breda was van die Brunesheim-familie. Hulle was Here van Breda en Schoten. Na die dood van die laaste lid van die familie, Hendrik V van Schoten, is hy opgevolg deur sy suster Isabella en haar man die Heer van Gaasbeek.
Die verdeling van 1287
wysigHulle het ook kinderloos gebly en die heerskappy is geabsorbeer. Die westelike deel (Bergen op Zoom) het na Isabella se ousus Beatrix gegaan.
Geslag van Gavere
wysigdie oostelike deel (Breda) het in die hande van Isabella se groottante Sophie gekom. Sophie was die eggenoot van Raso VI van Gavere, heer van Liedekerke. Hulle seun, Raso VII van Liedekerke, het as Raso I die eerste heer van Breda uit die Gavere-familie geword.
Verkoop aan Brabant in 1326
wysigNa vier geslagte van die Gravere-familie het Breda in die hande van Adelheid van Gavere en haar man Gerard van Rasseghem gekom. Die egpaar het die heerskappy in 1326 aan hertog Johannes II van Brabant verkoop, wat dit op sy beurt in 1339 aan Johannes I van Polanen verpand het.
Jan I van Polanen het sy halfbroer, Willem van Duivenvoorde, as heer in vruggebruik aangestel.
Geslag van Polanen
wysigsaam met sy seun Jan II van Polanen het hy 'n kasteel gebou. In 1350 verkoop Jan III van Brabant die Land Breda aan Jan II van Polanen vir 43 000 florine. Omdat Breda 'n 'High Lordship' was, het Jan II van Polanen by die Brabantse politiek betrokke geraak.
Die Nassau-familie in Nederland vanaf 1403
wysigJan III van Polanen het sy boedel nagelaat aan sy dogter Johanna van Polanen wat met Engelbrecht I van Nassau-Siegen getrou het. Johanna se erfporsie het bestaan uit baie heerskappye en ridderskappe in Holland en Brabant, Henegouwen, Utrecht en Zeeland. Die huwelik tussen Johanna en Engelbrecht het die opkoms van die Huis van Nassau in Nederland gekenmerk.
Vier geslagte later het René van Chalon in 1530 die titel van Prins van Oranje geërf. Toe René in 1544 kinderloos sterf, dra hy sy besittings en titels oor aan sy elfjarige neef Willem, die stamvader van die Huis van Oranje-Nassau.
Oorsig van die Here
wysigHere van Schoten
wysig- 1167 - Henrik II van Schoten
- 1187 - Godfried II van Schoten
- 1216/1217 - Godfried III van Schoten
- 1227 - Henrik III van Schoten
- 1234 - Godfried IV van Schoten
- 1246 - Henrik IV van Schoten
- 1254 - Hendrik V van Schoten
- 1269 - Arnoud van Leuven (getroud met Isabella van Schoten, suster van Hendrik V van Schoten)
Geslag van Gavere
wysig- 1287 - Raso I van Gaveren
- 1291 - Raso II van Gaveren
- 1306 - Raso III van Gaveren
- 1313 - Philips van Gaveren
- 1318 - Gerard van Rasseghem (getroud met Adelheid van Gaveren, erfgenaam van Breda)
- 1327 - Johannes III van Brabant
Geslag van Polanen
wysig- 1339 - Jan I van Polanen (pandheer)
- 1350 - Jan II van Polanen (Eerste vrye heerskappy)
- 1378 - Jan III van Polanen
- 1394 - Hendrik van de Leck (namens Johanna van Polanen)
Huis van Nassau
wysig- 1404 - Engelbrecht I van Nassau-Siegen
- 1442 - Johannes IV van Nassau
- 1475 - Engelbrecht II van Nassau
- 1504 - Henrik III van Nassau
- 1538 - René van Chalon
- 1544 - William van Oranje Nassau
- 1568 - Willem, formeel sonder titel
- 1577 - Willem van Oranje Nassau
- 1581 - Wetlik onduidelike situasie tydens die Spaanse besetting.
- 1584 - Philips Willem van Oranje en Maurits van Oranje eis titel
- 1609 - Philip Willem van Oranje
Vanaf 1618 uit die "Staatse" Raad van Brabant (in Den Haag)
- 1618 – Maurits van Oranje
- 1625 - Frederik Hendrik van Oranje eis titel
- 1630 - Johannes VIII van Nassau-Siegen (Frederik Hendrik handhaaf aanspraak)
- 1637 - Frederik Hendrik van Oranje
- 1647 - Willem II van Oranje-Nassau
- 1650 - Willem III van Oranje-Nassau
- 1678 - Theobald Metzger von Weibnom
- 1702 - Staten-Generaal van die Nederlanden is in beheer
- 1732 - Willem IV van Oranje-Nassau
- 1751 - Willem V van Oranje-Nassau
- 1795 - einde van Baronie van Breda