Heinz Winckler
Heinz Carl Heinrich Winckler (gebore 22 Maart 1978) is 'n Suid-Afrikaanse sanger en wenner van die eerste seisoen van die Suid-Afrikaanse weergawe van Idols. Sy eerste Afrikaanse album, Ek kan weer in liefde glo, is in 2009 uitgereik.
Heinz Winckler | |
---|---|
Heinz Winckler in 2007 | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Heinz Carl Heinrich Winckler |
Gebore | 22 Maart 1978 Stellenbosch, Wes-Kaap, Suid-Afrika |
Beroep(e) | Sanger |
Instrumente | Sing, kitaar |
Jare aktief | 2002–nou |
Webwerf | http://www.heinzw.co.za |
Heinz is op Stellenbosch, Wes-Kaap gebore as die oudste van drie kinders. Hy het regte gestudeer aan die Universiteit Stellenbosch. Nadat hy Idols gewen het, het hy sy studies opgeskop vir sy musiekloopbaan. Hy is getroud met Aletté-Johanni en hul eersteling, Lian Theo, is op 23 Mei 2010 gebore.[1]
Idols
wysigIdols was die Suid-Afrikaanse weergawe van die Britse Pop Idol-program, en is aangebied as 'n talentkompetisie waar deelnemers voortdurend uitgeskakel word om die aantal deelnemers te verminder. Tydens die program is na Winckler verwys as "Hunky Heinz".
Liedjies gesing op Idols
wysig- Oudisie: I'm a Believer van Smashmouth
- Top-50: Drops of Jupiter (Tell Me), van Train
- Top-11: I Don't Wanna Miss a Thing, van Aerosmith
- Top-8: Higher, van Creed
- Top-6: Shallow Waters
- Top-4: Every Breath You Take, van Sting
- Top-4: Soledad, van Westlife
- Eindronde: Once in a Lifetime; Drops of Jupiter (Tell Me), van Train; Soledad, van Westlife
Loopbaan na Idols
wysigWinckler se debuut-enkel, Once in a lifetime, behaal dubbelplatinum in Suid-Afrika. Sy daaropvolgende debuutalbum, One step closer, sluit die liedjie in asook Soledad, 'n "cover" van die Westlife-lied wat hy tydens Idols opgevoer het, en Next stop happiness, wat ook later as 'n enkel uitgereik is.
Diskografie
wysigAlbums
wysig- Idols: The Album (2002)
- One Step Closer (November 2002)
- Come Alive (September 2004)
- Moment Of Truth (September 2006)
- Live In Concert – The DVD
- Ek Kan Weer In Liefde Glo, 2009 SELECT
- 24/7/365 (2011)
Enkelspelers
wysig- Once In A Lifetime (Junie 2002)
- Next Stop Hapiness (Maart 2004)
- One Step Closer
- The Way It Is
- Can’t Lose With You
- Drowning Me
- Only For You
- Thank You
- Another Day
- Love's Supposed To Be
Filmografie
wysig- Getroud met Rugby: Die Onvertelde Storie, 2011 as J.P. Viviers
- Mooirivier, 2015 as die sanger Dave Meyer
Verwysings
wysig- ↑ Wincklers se klein Idol is ’n knewel[dooie skakel], Die Burger, 25 Mei 2010. URL besoek op 25 Mei 2010
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- Heinz Winckler se tuisblad Geargiveer 6 Mei 2015 op Wayback Machine
- Ek Kan Weer In Liefde Glo op YouTube