Hottentotstee
plantspesie
(Aangestuur vanaf Helichrysum nudifolium)
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Hottentotstee (Helichrysum nudifolium (L.) Less.) is 'n plant wat inheems aan Suid-Afrika is en in alle provinsies voorkom, veral op groter hoogtes. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.[1] Dit kom in Zimbabwe, Malawi en verder wydverspreid in Afrika, asook in Jemen voor.[2]
Hottentotstee | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | H. nudifolium
|
Binomiale naam | |
Helichrysum nudifolium (DC.) Mast.
|
Daar is verskillende variëteite:
- Helichrysum nudifolium var. nudifolium
- Helichrysum nudifolium var. oxyphyllum (DC.) Beentje
- Helichrysum nudifolium var. pilosellum (L.f.) Beentje
Dit is 'n meerjarige plant met 'n roset van blare tot 60 x 13 cm wat rof en glimmend is aan die bokant en wollig wit aan die onderkant. Die blomme sit op 'n lang stingel wat 1,5 m hoog kan word. Hulle is liggeel. Die blare word gekook en geëet en ook ritueel verbrand om die voorouers op te roep. Die wortels word teen party kwale gebruik.[3]
Fotogalery
wysig-
H. n. var. nudifolium in Noordwes
-
H. n. var. pilosellum in die Riemland
-
H. n. var. pilosellum te Witsieshoek
Verwysings
wysig- ↑ "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 September 2015.
- ↑ "Flora of Zimbabwe" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Augustus 2016.
- ↑ "PlantZAfrica" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Desember 2016. Besoek op 15 Desember 2016.