Hoërskool Upington
Hoërskool Upington is 'n sekondêre skool op die hoek van Le Roux- en Parkstraat in Upington, Suid-Afrika.
Geskiedenis
wysigDie skool is in 1896 as die Upington Public School gestig. Die skool het aanvanklik 102 leerlinge gehad en is in 'n kerkgebou van die NG Kerk gehuisves. Die eerste leerders het in 1914 by die skool gematrikuleer. Die skool se leuse is "Arbor Bona Fructum Bonum".[1]
In 2015 is die agste hoof Mnr. Riaan Kotze, die hoofseun is Reinhard Hayes en die hoofmeisie Elmarie Teessen.[1]
Alumni
wysigBekende persone wat hier skoolgegaan het:
- Tiaan Strauss, Springbokrugbyspeler.[1]
- Jasper Wiese, Springbokrugbyspeler.