Hoeko
Hoeko is 'n baie klein nedersetting net noord van Ladismith in die Wes-Kaap, Suid-Afrika aan die voet van die Swartberg. In die vrugbare vallei word sagtevrugte veral appelkose gekweek. Die nedersetting is bekend daarvoor dat C.J. Langenhoven hier gebore is.
Hoeko | |
---|---|
Koördinate: 33°29′0″S 21°22′0″O / 33.48333°S 21.36667°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distriksmunisipaliteit | Eden |
Plaaslike Munisipaliteit | Kannaland |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |