Kuifkopseekomkommer
(Aangestuur vanaf Holothuria cinerascens)
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Kuifkopseekomkommer (Holothuria cinerascens) is 'n seekomkommer wat aan die ooskus van Suid-Afrika voorkom en tot 40 cm lank kan word. Die diertjie het 'n swart, lang, silindervormige liggaam met 18 - 20 tentakels met klossies aan die kopkant. Hy leef onder groot rotse in poele in die benedegetysone. Hulle voed deur hul tentakels deur die sand te trek om dooie plant- en diermateriaal op te spoor. Indien die diertjie bedreig word kan dit taai, wit drade uitskiet wat die aanvaller kan verstrik.
Kuifkopseekomkommer | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | H. cinerascens
|
Binomiale naam | |
Holothuria cinerascens (Brandt, 1835)
|
Bron
wysig- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0