Homininae
Homininae is 'n subfamilie van Hominidae wat die mens, gorilla, sjimpansee, bonobo en ’n paar uitgestorwe verwante insluit; dit omvat alle hominiede wat ontstaan het ná die afskeiding van orang-oetangs (Ponginae). Die Homininae-boom het drie vertakkings, wat gelei het tot gorillas, sjimpansees/bonobo's en mense.
Homininae | |
---|---|
’n Gorilla. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Infraorde: | |
Superfamilie: | |
Familie: | |
Subfamilie: | Homininae (Gray, 1825)
|
Genera | |
Daar is verskeie uitgestorwe spesies sjimpansees en gorillas, maar net een menslike spesie het oorleef hoewel spore van verskeie hipotetiese spesies gevind is. Sommige het tot so onlangs as 12 000 jaar gelede geleef (Homo floresiensis en Homo denisova).
.
Eksterne skakels
wysig- Wikispecies het meer inligting verwant aan Homininae