Hoor my lied
Hoor my Lied is 'n Afrikaanse rolprent wat op 16 Desember 1967 in Suid-Afrika vrygestel is. Die rolprent se regisseur was Elmo de Witt. Dit het geen ouderdomsperk nie, maar ouerleiding word aanbeveel. Dit was die eerste Afrikaanse rolprent wat meer as R1 miljoen verdien het.[1]
Hoor my Lied | |
---|---|
Regisseur | Elmo de Witt |
Produksieleier | Tommie Meyer |
Met | Gé Korsten Helga van Wyk Martin Pols Lindie Roux Min Shaw Ruth Watts Charles Stodel |
Ateljee | Kavaliers Films |
Verspreider | Nu Metro |
Uitgereik | 1967-12-16 |
Speeltyd | 88 min. |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Genre
wysigDie rolprent is 'n musiekblyspel.
Hoofrolspelers
wysig- Gé Korsten as David Retief
- Helga van Wyk
- Martin Pols
- Lindie Roux
- Min Shaw
- Ruth Watts
- Charles Stodel
- Francois van Heyningen as man in restaurant (nie geakkrediteer nie)
en andere.
Storielyn
wysigDr David Retief is 'n singende snydokter. Sy dogter is verlam nadat die twee in 'n ernstige motorongeluk betrokke was. David se kopbeserings bring mee dat hy binne twee jaar blind sal wees. Lydia de Graaff is 'n verpleegster by die hospitaal waar Retief konsulteer. Sy was deels vir die ongeluk verantwoordelik en skuldgevoelens dryf haar om hulle te help. Sy vergesel hulle na Amerika om geld in te samel vir Marietjie se behandeling. Retief se gesig versleg so dat hy later nie meer kan sien nie, dit skok Marietjie so dat sy tydens 'n opvoering opstaan en weer begin loop.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ ‘Hoor my lied’-regisseur sterf tydens seevakansie, Beeld, 1 April 2011