Hopiesrivier
Die Hopiesrivier ontstaan uit verskeie bergstrome op die westelike hange van die Babilonstoringberge in die Wes-Kaapprovinsie, Suid-Afrika.
Hopiesrivier | |
---|---|
Stroomgebied | Wes-Kaap, Suid-Afrika |
Oorsprong | Babilonstoringberge |
Monding | Botrivier lagune |
Monding-hoogte | 9 m |
Koördinate: 34°21′9.4″S 19°8′18.6″O / 34.352611°S 19.138500°O |
Hierna vloei dit weswaarts totdat dit die Botrivier ontmoet teenaan die kus van die Atlantiese Oseaan, ongeveer 12 kilometer noordwes van Hermanus.