Horebberg
berg te Clarens, Vrystaat, Suid-Afrika
Die Horebberg is 'n bergpiek 3 km oos van Clarens en 10 km wes van die Golden Gate-Hoogland in die Oos-Vrystaat, Suid-Afrika.[1] Die sandsteenberg is een van die hoogste pieke in die Rooiberge, en vorm 'n waterskeiding tussen bolope van die Vaal- en Oranjeriviere. Die Kroonspruit, 'n sytak van die Asrivier ontspring op die noordhang, en op die suidhang ontspring 'n sytak van die Klein-Caledonrivier. Sowat 16 km na die ooste en binne sig van Horebberg, is Ribbokkop (2 788 meter) die hoogste punt in die omstreke.
Horebberg | |
---|---|
Gesig op die berg uit Clarens
| |
Ligging | Vrystaat, Suid-Afrika |
Hoogte | 2 418 meter bo seevlak |
Lengte | 4,7 km |
Prominensie | 369 m bo omringende gebied |
Reeks | Rooiberge |
Koördinate | 28°30′25″S 28°27′21″O / 28.50706°S 28.45572°O |
Bergtipe | Bergpiek |
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "Facts about the Golden Gate Highlands National Park" (PDF). sanparks.org. Sanparks. Besoek op 18 Julie 2022.