ITU
Die Internasionale Telekommunikasie Unie (ITU), oorspronklik gestig in 1865, is 'n spesialisagentskap onder beheer van die Verenigde Nasies wat die inligting- en kommunikasietegnologie (IKT)-standaarde beheer. Hulle ken globaal radiospektrum en satellietwentelbane toe, ontwikkel standaarde wat verseker dat netwerke en tegnologie foutloos verbind en streef daarna om die hele wêreld te verbind via kommunikasietegnologie.
Die ITU bestaan uit drie komitees:
- ITU-R: Radiokommunikasie
- ITU-T: Standaarde
- ITU-D: Ontwikkeling
Die ITU se hoofkantoor is in Genève, Switserland. Daar is tans 193 lidlande van die ITU. Suid-Afrika se bande met die ITU dateer van 1881 toe die Britse Kaapkolonie by die organisasie aangesluit het.[1]
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie ITU.
- (ar) (en) (es) (fr) (pt) (ru) (zh) Amptelike webwerf
- (en) "International Telecommunication Union". Encyclopædia Britannica. Besoek op 16 Februarie 2021.