Ian McEwan
Ian Russell McEwan (gebore 21 Junie 1948) is 'n Britse skrywer van romans en rolprentdraaiboeke. Hy het die Booker-prys in 1998 gewen vir sy roman Amsterdam. Sy roman Atonement (2001) is verwerk in 'n rolprent met Keira Knightley en James McAvoy in die hoofrolle.
Ian McEwan | |
---|---|
Ian McEwan by die 2011 Parys Boekefees | |
Gebore | Ian Russell McEwan 21 Junie 1948 |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Alma mater | Universiteit van Sussex Universiteit van East Anglia |
Beroep | Romanskrywer en draaiboekskrywer |
Bekend vir | The Innocent (1990) Enduring Love (1997) Atonement (2001) Amsterdam (1998) Saturday (2005) |
Eggenoot | Penny Allen Annalena McAfee |
McEwan was 'n lewenslange vriend van die polemiese skrywer Christopher Hitchens.