Isjaslaf II van Kiëf
Isjaslaf II (Russies: Изяслав II Мстиславич; omstreeks 1097–1154) het van 1146 tot 1154 as grootprins oor Kiëf-Roes regeer. Voor dit was hy grootprins van Wladimir en Wolin (1134–1142) en van Perejaslaf (1143–1145). Hy was die oudste seun van Mstislaf I, grootprins van Nowgorod en Kiëf.
Isjaslaf II | |
---|---|
Grootprins van Kiëf | |
Isjaslaf II van Kiëf bied sy oom Slava vrede en vriendskap aan.
| |
Periode | 1146–1154 |
Voorganger | Igor II |
Opvolger | Joeri Dolgoroeki |
Huis | Rjoerik |
Vader | Mstislaf I |
Gebore | 1097 |
Oorlede | 1154 |
Wsewolod II het sy broer Igor as sy opvolger gekies en sy onderdane laat belowe hulle sal Igor as hul heerser aanvaar. Igor en sy familie was agter ongewild en daar was teenkanting teen sy troonopvolging. Hy was glo oneerlik, gierig, agterbaks en gewelddadig. Hy het minder as twee weke regeer toe die inwoners van Kiëf Isjaslaf nooi om hul prins te wees. Isjaslaf het sy belofte verbreek om nooit die mag te probeer oorneem nie en het Igor en sy broer Swjatoslaf aangeval en verslaan.
Sy eerste vrou was Agnes, dogter van Konrad III van Duitsland. Hulle kinders was:
- Mstislaf II
- Jaroslaf II
- Jaropolk, Prins van Sjoemsk
- Eudoksia
Isjaslaf se tweede vrou was Roesoedan, dogter van koning Demetre I van Georgië, maar hulle was net vir ’n paar maande in 1154 getroud voor hy dood is.
Bronne
wysig- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel nl:Iziaslav II of Kiev.