J.S. de Wet

Suid-Afrikaanse arbeidsleier

J.S. (Faas) de Wet was een van die stigterslede en hooforganiseerder van die Afrikanerbond van Mynwerkers (ABM) en was ook die sekretaris van die Hervormingsorganisasie binne die MWU.

Die NP-gesinde ABM is in 1936 uit protes binne die Suid-Afrikaanse Mynwerkersunie (MWU) gestig omdat die vakbond toe deur ‘n Engels-gesinde en pro-Suid-Afrikaanse Party uitvoerende bestuur oorheers is. Met die bewindsoorname van ‘n NP-gesinde MWU-uitvoerende bestuur in November 1948 is De Wet in die nuutgeskepte pos van MWU-welvaartsbeampte, belas met myntering, aangestel.

In 1949 het hy ‘n direkteur van Die Werkerspers Uitgewers Maatskappy (Edms.) Bpk. geword, wat Die Mynwerker, die amptelike nuusblad van die MWU, uitgegee het. In 1951, na die likwidasie van Die Werkerspers, is Monument Publikasies in die plek daarvan gestig waarvan De Wet ook ‘n direkteur was. Hy is tot ‘n hoofbestuurslid van die Transvaalse NP benoem en het vanaf 1955 tot 1961 as NP-senator in die parlement gedien.

Bronnelys

wysig
  • MWU-Argief, Pretoria, Notule van die Maandelikse Uitvoerende Bestuursvergadering, 25.5.1951, p. 7.
  • L Naudé, Dr. A. Hertzog, die Nasionale Party en die Mynwerkers, NRT, Pretoria, 1969, pp. 28, 32, 44, 69-70, 250-256.
  • L de Kock, “Die Stryd van die Afrikaner in die Suid-Afrikaanse Mynwerkersunie aan die Witwatersrand, 1936-1948”, Ongepubliseerde MA-verhandeling, Randse Afrikaanse Universiteit, 1983, p. 60.
  • Die Mynwerker, 28.1.1949, p. 3 (Die Nuwe Bestuur Neem Oor), p. 5 (U.K. Stig Welvaartsafdeling) en p. 8 (Die Mynwerker se Koerant).
  • Ibid., 6.5.1949, p. 7 (Verslag aan Algemene Raad).
  • Ibid., 26.8.1955, p. 5 (Mnr. J.S. de Wet); Ibid., 28.10.1955, p. 1 (Fasie De Wet Neem Afskeid).
  • Ibid., 1.9.1961, p. 1 (Huldeblyk aan wyle J.S. de Wet).

Sien ook

wysig