JPL Small-Body Database
Die JPL Small-Body Database (SBDB) is ’n sterrekundige databasis oor klein Sonnestelselliggame. Dit word onderhou deur die Jet Propulsion Laboratory (JPL) en Nasa, en verskaf inligting oor alle bekende asteroïdes en verskeie komete, insluitende wentelparameters en -diagramme, fisiese diagramme en lyste publikasies oor die klein liggaam. Die databasis word daagliks bygewerk.[1]
Verwysings
wysig- ↑ "JPL Small-Body Database browser" (in Engels). Nasa/JPL. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 April 2020. Besoek op 19 Maart 2012.