Jack R. Lousma
Jack Robert Lousma (29 Februarie 1936 – ) is 'n afgetrede Kolonel in die Amerikaanse Marinierskorps, 'n lugvaartingenieur, voormalige vlootvlieënier, Nasa-ruimtevaarder en politikus. Hy was deel van die bemanning van die tweede bemande vlug in Skylab in 1973. In 1982 was hy die bevelvoerder van STS-3, die derde ruimtependeltuigmissie. Hy was ook deel van die ondersteuningspan vir Apollo 10. Hy was gewerf as deel van Ruimtevaardergroep 5.
Jack R. Lousma | |
---|---|
Jack R. Lousma in Desember 1971 | |
Gebore | Jack Robert Lousma 29 Februarie 1936 |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | Ruimtevaarder |
Lousma was later 'n Republikeinse genomineerde vir 'n posisie in die Amerikaanse Senaat 1984. Hy het Michigan verteenwoordig. Hy het verloor teen Carl Levin wat sy tweede van ses termyne gewen het.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Jack R. Lousma.
- (en) Jack R. Lousma in die Internet-rolprentdatabasis