Apollo 10
Sendingwapen | |
Sendingstatistiek | |
Sendingnaam: | Apollo 10 |
Roepteken: | Beheermodule: Charlie Brown Maanmodule: Snoopy |
Bemanningslede: | 3 |
Lansering: | 18 Mei 1969 16:49:00 UTC Kennedy-ruimtesentrum LC 39B |
Tyd in wentelbaan: | 61 uur 37 minute, 23,6 sekondes |
Omwentelinge: | 31 |
Landing: | 21 Mei 1969 16:52:23 UTC 15° 2' S, 164° 39' W |
Tydsduur: | 8 dae, 0 ure 3 minute |
Massa: | CSM 28 834 kg; LM 13 941 kg |
Bemanningslede | |
V.l.n.r.: Cernan, Stafford, Young |
Apollo 10 was die vierde bemande sending van die Apollo-program en die eerste om vanaf platform 39B gelanseer te word. Die missie was die tweede om 'n bemanning in 'n wentelbaan om die maan te plaas. Die module het tot 15,6 km (8,4 myl) van die maanoppervlakte gekom gedurende die missie. Volgens die "2001 Guinness World Records" het Apollo 10 die rekord behaal vir die hoogste spoed bereik deur 'n bemande voertuig: 39 897 km/h (11,08 km/s of 24 791 mpu). Hierdie rekord is opgestel tydens hul terugkeer van die maan op 26 Mei 1969.
Bemanning
wysig- Thomas P. Stafford (ook op Gemini 6A, Gemini 9A, Apollo 10 & Apollo-Soyuz), bevelvoerder
- John W. Young (ook op Gemini 3, Gemini 10, Apollo 10, Apollo 16, STS-1, & STS-9), beheereenheid-vlieënier
- Eugene Cernan (ook op Gemini 9A, Apollo 10, & Apollo 17), maanmodule-vlieënier
Rugsteunbemanning
wysig- Gordon Cooper (gevlieg met Mercury-Atlas 9, Gemini 5), bevelvoerder
- Donn Eisele (gevlieg met Apollo 7), beheereenheid-vlieënier
- Edgar Mitchell (gevlieg met Apollo 14), maanmodule-vlieënier
Ondersteuningspan
wysig- Charles Duke (gevlieg met Apollo 16)
- Joe Engle (gevlieg met STS-2, STS 51-I)
- James Irwin (gevlieg met Apollo 15)
- Jack R. Lousma (gevlieg met Skylab 3, STS-3)
Sendingparameters
wysig- Massa:
- CSM massa: 28 834 kg
- LM massa: 13 941 kg
Galery
wysig-
Die S-IC eerste stadium van die VAB
-
Apollo 10 gedurende die uitrolfase (NASA)
-
CSM "Charlie Brown" (NASA)
-
Apollo 10 se blik op die aarde. (NASA)
Eksterne skakel
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Apollo 10.
- Apollo 10-inskrywing in Encylcopedia Astronautica
Voorafgegaan deur Apollo 9 |
Apollo-program | Opgevolg deur Apollo 11 |