Joe Engle
Joe Henry Engle (26 Augustus 1932 – ; Majoor-Generaal, Amerikaanse Lugmag) is 'n Amerikaanse vlieënier, toetsvlieënier vir die X-15 program, lugvaartingenieur en voormalige Nasa-ruimtevaarder. Sedert 2017 is hy die laaste oorlewende X-15 vlieënier.
Joe Engle | |
---|---|
Gebore | Joe Henry Engle 26 Augustus 1932 |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | Ruimtevaarder |
As toetsvlieënier neem hy deel aan die Nasa-Lugmag se X-15-program wat hom in staat stel om sy Ruimtevaarder Vlerke te verwerf. Hy verwerf ook ander toekennings onder andere die Distinguished Flying Cross. Hy is in 1966 gekeur as ruimtevaarder deur Nasa as deel van Ruimtevaardergroep 5. Hy was deel van die ondersteuningspan vir Apollo 10. Hy was aanvanklik deel van Apollo 17 as vlieënier vir die Apollo-maanmodule maar word onttrek ten gunste van die geoloog Harrison Schmitt. Hy word een van die eerste ruimtevaarders in die ruimtependeltuigprogram toe hy deel was van die span wat vir Ruimtependeltuig Enterprise in 1977. Hy was ook die bevelvoerder van die Ruimtependeltuig Columbia se vlug in 1981.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Joe Engle.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |