James Forrester-Brown
Suid-Afrikaanse arbeidsleier
James Forrester-Brown was die Oosrandse organiseerder van die Suid-Afrikaanse Mynwerkersunie (MWU). Ná Tom Mathews se dood in 1915 het Forrester-Brown vanaf 1915 tot 1922 as die hoofsekretaris gedien.
Hy is in 1879 in Australië gebore en het alreeds op 14-jarige ouderdom in myne gewerk. Forrester-Brown het in 1905 na Suid-Afrika gekom en tydens die mynstaking van 1913 het hy in die Germiston-stakerskomitee gedien. In 1914 het hy ‘n SAAP-lid van die Transvaalse Provinsiale Raad vir die Commissionerstraat-kiesafdeling geword, maar het as sosialis ook by die sogenaamde War-on-Warites, wat teen die party se pro-oorlogsbeleid gekant was, aangesluit.
Bronnelys
wysig- E Gitsham and JF Trembath, A First Account of Labour Organisation in South Africa, EP & Commercial Printing Co., Ltd., Durban, 1926, p.159.
- IL Walker and B Weinbren, 2000 Casualties. A History of the Trade Unions and the Labour Movement in the Union of South Africa, SATUC, Johannesburg, 1961, p. 160.
- Hyslop, The Notorious Syndicalist. J.T. Bain: A Scottish Rebel in South Africa, Jacana Media Pty Ltd, Johannesburg, 2004, p. 203.
- The International, 10.9.1915, p. 2 (Administrative Council Notes).
- Ibid., 17.12.1915, p. 2 (Snapshots).
- The Eastern Record, 15.5.1915, p. 11 (S.A. Mine Workers’ Union).
- Ibid., 19.6.1915, p. 9 (Benoni Notes).