Jayavarman III
Baie min is bekend oor Jayavarman III (Khmer: ជ័យវរ្ម័នទី៣), die seun en opvolger van Jayavarman II. Hy was die tweede monarg van Angkor.[1]:103
Jayavarman III | |
---|---|
Koning van die Khmer-ryk | |
Voorganger | Jayavarman II |
Opvolger | Indravarman I |
Dinastie | Khmer-ryk |
Vader | Jayavarman II |
Oorlede | 877 |
’n Inskripsie van Prasat Sak lui: "Toe hy nie ’n wilde olifant kon vang terwyl hy gejag het nie, het ’n godheid belowe hy sou dit kon doen as hy ’n heiligdom bou."[2] Daar is ’n paar tempels wat uit sy bewind gedateer word, maar volgens nie een se inskripsies is dit deur hom laat bou nie. Hy kon ’n klein konstruksie begin het wat deur sy meer ambisieuse opvolger, Indravarman I, oorskadu is.
Jayavarman III is in 877 dood, moontlik terwyl hy ’n wilde olifant gejaag het.[3]
Verwysings
wysig- ↑ Coedès, George (1968). Walter F. Vella (red.). The Indianized States of Southeast Asia. trans.Susan Brown Cowing. University of Hawaii Press. ISBN 978-0-8248-0368-1.
- ↑ Higham, The Civilization of Angkor p. 59
- ↑ Briggs, The Ancient Khmer Empire p. 97
Bronne
wysig- Briggs, Lawrence Palmer. The Ancient Khmer Empire. Transactions of the American Philosophical Society, 1951.
- Higham, Charles. The Civilization of Angkor. University of California Press, 2001.
Eksterne skakels
wysig- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia