Khmer
- Hierdie artikel handel oor die taal in Suidoos-Asië. Vir die etniese groep, sien Khmer (volk).
Khmer (ភាសាខ្មែរ, [pʰiːəsaː kʰmaːe] of meer formeel ខេមរភាសា [kʰeɛmaʔraʔ pʰiːəsaː]), soms ook Kambodjaans genoem, is 'n Austro-Asiatiese taal wat deur sowat 14 miljoen mense in Kambodja, Viëtnam, Thailand en Laos gepraat word. Khmer is die amptelike taal van Kambodja en is verwant aan Viëtnamees. Dit is ná Viëtnamees die tweede mees gesproke Austro-Asiatiese taal en die vierde belangrikste inheemse taal van Indo-China ná Viëtnamees, Thai en Birmaans. Khmer word in die Khmer-skrif geskryf, 'n Brahmi-skrif uit die Indiese skriffamilie.
Khmer ភាសាខ្មែរ / ខេមរភាសា | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Kambodja Viëtnam Thailand Laos | |
Gebied: | Suid-Asië | |
Totale sprekers: | 14 miljoen (moedertaal) 1 miljoen (tweede taal)[1] | |
Taalfamilie: | Austro-Asiaties Mon-Khmer Khmer | |
Skrifstelsel: | Khmer-skrif | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Kambodja | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | km
| |
ISO 639-2: | khm
| |
ISO 639-3: | khm
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Die alternatiewe benaming van die Austro-Asiatiese tale – Mon-Khmer-tale – is van die twee tale Mon en Khmer afgelei.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Khmer, Central". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Augustus 2019. Besoek op 27 April 2021.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Khmer.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Khmer.
- (en) "Khmer language". Encyclopædia Britannica. Besoek op 27 April 2021.