Khmer (volk)
Die Khmer (Khmer: ខ្មែរ [kʰmaːe], Noord-Khmer: [kʰmɛr]), soms ook Kambodjane genoem, is 'n nasie en etniese groep inheems aan Kambodja en die aangrensende lande van Suidoos-Asië, veral Thailand en Viëtnam. Hulle vorm die titulêre nasie van Kambodja en maak omtrent 90% van Kambodja se bevolking uit.
Khmer | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 12 miljoen[1] |
Belangrike bevolkings in: | Kambodja 9,3[1]–13,7 miljoen[2] Thailand ~1,2 miljoen[1] |
Taal: | Khmer |
Geloofsoortuiging: | Theravada-Boeddhisme |
Verwante etniese groepe: | Ander Mon-Khmer-volke soos Mon en Wa |
Die Khmer behoort tot die Mon-Khmer-volke en praat Khmer as moedertaal wat saam met Viëtnamees tot die Austro-Asiatiese tale behoort.
Die Khmer is hoofsaaklik aanhangers van die Theravada-Boeddhisme, byna 95% volgens die laaste skatting in 2010, gevolg deur klein minderhede soos Moslems, Hindoes en Christene.
Wêreldwyd leef sowat 12 miljoen Khmer, waarvan sowat 1,2 miljioen in Thailand en omtrent tussen 1 en 1,4 miljioen in Viëtnam, waar hulle tot een van die 54 amptelik erkende etniese groepe behoort. Naas Viëtnamese, Tai en Thai vorm Khmer die vierde grootste etniese groep in Viëtnam.[8]
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 (en) Hattaway, Paul (ed.) (2004), "Khmer", Peoples of the Buddhist World (William Carey Library): p. 133
- ↑ "CIA World Factbook: Cambodia" (in Engels). Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 5 Maart 2016.
- ↑ "CIA World Factbook: Vietnam" (in Engels). Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 5 Maart 2016.
- ↑ (en) "The Asian Population: 2010 Census Briefs" (PDF). United States Census Bureau.
- ↑ (en) "Ethnocultural Portrait of Canada". Statistics Canada. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 5 Maart 2016.
- ↑ (en) "▒ Cambodia ▒". Khm.mofat.go.kr. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Oktober 2011. Besoek op 29 April 2011.
- ↑ "Story: Cambodians Page 3 – Facts and figures" (in Engels). Te Ara Encyclopedia of New Zealand. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 April 2020. Besoek op 6 Maart 2016.
- ↑ "Kết quả toàn bộ Tổng điều tra Dân số và Nhà ở Việt Nam năm 2009" (PDF) (in Engels). Tổng Cục Thống kê Việt Nam. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 19 Augustus 2019. Besoek op 3 Maart 2016.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Khmer (volk).