Jean-Claude Casadesus
Jean-Claude Casadesus (gebore Jean-Claude Probst) is 'n Franse dirigent.
Biografie
wysigCasadesus is op 7 Desember 1935 in Parys gebore as die seun van die aktrise Gisèle Casadesus en haar man Lucien Pascal. Hy het sy loopbaan as 'n speler van perkussie instrumente begin voordat hy komposisie studeer het onder Pierre Dervaux en Pierre Boulez.
In 1969 is hy as assistent-dirigent aangestel by die Paris Opéra en die Opéra-Comique. In 1971 het hy die Orchestre National des Pays de la Loire saam met Pierre Dervaux gestig, en tot 1976 as Dervaux se adjunk aldaar opgetree. In 1976 het hy die hoofdirigent van die Orchestre national de Lille geword, en op plaaslike en internasionale vlak konserte saam met die orkes opgevoer. In 2007 het hy aan die hoof gestaan van die Franse Jeugorkes.
Persoonlike lewe
wysigJean-Claude is twee keer getroud en het drie kinders. Sy enigste dogter, Caroline, (g. 30 Oktober 1962) is 'n operasangeres en sy eersgebore seun, Sebastian Copeland, (g. 3 April 1964) is 'n rolprentregisseur wie se moeder Pénélope Copeland is; sy tweede seun, Olivier, (g. 2 September 1970) is 'n akteur wie se moeder Anne Sevestre is.
Onderskeidings
wysig- Commandeur de la Légion d'honneur
- Commandeur de l'Ordre national du Mérite
- Commandeur des Arts et Lettres
- Commandeur de l'Ordre d'Orange-Nassau
- Officier de l'Ordre de Léopold de Belgique
- Chevalier des Palmes Académiques
In 2004 het die Victoires de la musique classique aan hom 'n eerbewys toegeken.
Diskografie met l'Orchestre National de Lille
wysig- Richard Wagner, Ouvertures et monologues célèbres, Le Vaisseau Fantôme, Tännhauser, Les Maîtres chanteurs de Nuremberg, La Walkyrie, avec José van Dam, plate-etiket, Forlane
- Darius Milhaud, La Création du monde, Le Bœuf sur le toit, Suite Provençale, L'Homme et son Désir, plate-etiket Naxos
- Sergei Prokofiëf, Alexander Nevsky (Kantate), Lieutenant Kijé (Suite), Naxos
- Hector Berlioz, La Damnation de Faust, plate-etiket, Naxos
- Hector Berlioz, Symphonie Fantastique, plate-etiket, Harmonia Mundi
- Joseph Canteloube, Chants d'Auvergne, plate-etiket, Naxos
- Gustav Mahler, Symphonies, plate-etiket, Forlane
- Georges Bizet, Clovis et Clotilde - Te Deum, plate-etiket, Naxos - Abeille Musique, 2010
Bibliografie
wysig- Le plus court chemin d'un cœur à l'autre, Jean-Claude Casadesus, Éditions Stock
Voorafgegaan deur Aucun (création de l'orchestre) |
Chef principal (Hoofdirigent), Orchestre national de Lille 1976- |
Opgevolg deur ... |
Voorafgegaan deur Emmanuel Krivine |
Directeur musical (musiekdirekteur), Orchestre français des jeunes 2005-2008 |
Opgevolg deur Dennis Russell Davies |