Jean Alesi
Jean Alesi (gebore Giovanni Alesi, 11 Junie 1964) is 'n Franse renjaer van Italiaanse afkoms. Na sukses in die laer kategorieë, veral sy oorwinning in die 1989 Formule 3000-kampioenskap, het sy Formule Een-loopbaan deelname by Tyrrell, Benetton, Sauber, Prost, Jordan en Ferrari ingesluit, waar hy baie gewild onder die tifosi was.
Jean Alesi | |
---|---|
Alesi by Geneefse Internasionale Motorskou 2019
| |
Geboortedatum | 11 Junie 1964 |
Geboorteplek | Avignon, Vaucluse, Frankryk |
Nasionaliteit | Frankryk |
Aktiewe jare | 1989–2001 |
Ou span(ne) | Tyrrell, Ferrari, Benetton, Sauber, Prost, Jordan |
Inskrywings | 202 (201 begin) |
Kampioenskappe | 0 |
Oorwinnings | 1 |
Podiums | 32 |
Loopbaanpunte | 241 |
Voorste wegspronge | 2 |
Vinnigste rondtes | 4 |
Eerste F1-wedren | 1989 Franse Grand Prix |
Eerste wen | 1995 Kanadese Grand Prix |
Laaste inskrywing | 2001 Japannese Grand Prix |
Tydens sy tydperk by Ferrari van 1991 tot 1995 het sy aggressiewe bestuurstyl, gekombineer met die gebruik van die nommer 27 op sy motor, daartoe gelei dat sommige joernaliste en die tifosi hom met Gilles Villeneuve vergelyk het.[1] Hy het die 1995 Kanadese Grand Prix gewen, maar dit was die enigste oorwinning van sy Formule Een-loopbaan. Gedurende sy tyd in Formule Een was Alesi besonder goed in die nat en was hy 'n kwik- en passievolle renjaer, wie se emosies hom soms onder gekry het.[2][dooie skakel]
Verwysings
wysig- ↑ Nestore Morosini; Giancarlo Faletti; Carlo Gradini (September 1994). "Alesi, un pomeriggio da Villeneuve". Corriere.it.
- ↑ Jean Alesi: The Wrong Time and the Wrong Place Verkry op 21 Junie 2015.