Jo-Ann Strauss
Jo-Ann Strauss (* 3 Februarie 1981 in Kaapstad) is ’n Suid-Afrikaanse model, TV-persoonlikheid en sakevrou. Sy is in 2000 as Mej. Suid-Afrika gekroon en het die land in 2001 by die Mej. Heelal-kompetisie in Puerto Rico verteenwoordig, sowel as die Mej. Wêreld-kompetisie by Sun City, Suid-Afrika.[1]
Jo-Ann Strauss | ||
Gebore | 3 Februarie 1981 | |
Plek | Kaapstad, Suid-Afrika | |
Nasionaliteit | Suid-Afrika | |
Geboortenaam | Jo-Ann Cindy Strauss | |
Beroep | TV-aanbieder, model, sakevrou | |
Alma mater | Universiteit Stellenbosch | |
Loopbaan | ||
Titel(s) | Mej. Suid-Afrika 2000 | |
Haarkleur | Bruin | |
Oogkleur | Bruin | |
Persoonlike gegewens | ||
Webtuiste | http://www.joannstrauss.com/ |
Loopbaan
wysigStrauss het haar BA-graad aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Jo-Ann het in haar jaar as Mej. Suid-Afrika haar medialoopbaan by die Afrikaanse TV-geselsprogram Pasella begin en was daarna ook op die Engelse leefstylprogram Top Billing, waar sy onderhoude gevoer het met belangrike persoonlikhede soos Charlize Theron, Antonio Banderas en George Clooney. Sy was 'n voorbladmeisie op meeste Suid-Afrikaanse tydskrifte.[2] ’n Jaar ná haar kroning het sy aan die sterweergawe van Big Brother South Africa deelgeneem, waar sy tweede geëindig het. Sy was te sien in die 2001 musiekvideo van die Ierse popgroep Westlife se enkelsnit When You're Looking Like That.
Op 10 Junie 2010 het Jo-Ann die openingseremonie vir die 2010 FIFA Wêreldbeker in Suid-Afrika vir die Duitse televisienetwerk ZDF aangebied saam met Thomas Gottschalk in 'n regstreekse uitsending vanaf Johannesburg.[3]
Verwysings
wysig- ↑ "Argiefkopie op "who'swho"". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2014. Besoek op 20 Desember 2015.
- ↑ "Jo-Ann Strauss". jo-annstrauss.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Junie 2010. Besoek op 24 Januarie 2018.
- ↑ "Argiefkopie op ZDF.de". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2011. Besoek op 8 Julie 2010.
Eksterne skakels
wysig- Jo-Ann Strauss in die Internet-rolprentdatabasis
- Mej. Suid-Afrika se amptelike webtuiste
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Voorafgegaan deur Heather Joy Hamilton |
Mej. Suid-Afrika 2000 |
Opgevolg deur Vanessa Carreira |