Joan Miró
Joan Miró i Ferrà (Katalaans: [ʒuˈan miˈɾo i fəˈra]; * 20 April 1893 in Barcelona, Katalonië; † 25 Desember 1983 in Palma de Mallorca) was 'n Spaans-Katalaanse skilder, grafikus, beeldhouer en keramiekkunstenaar.
Joan Miró | |
---|---|
Geboortenaam | Joan Miró i Ferrà |
Gebore | Barcelona, Katalonië, Spanje | 20 April 1893
Sterf | 25 Desember 1983 (op 90) Palma de Mallorca, Baleariese Eilande, Spanje |
Nasionaliteit | Spanje |
Veld | Skildery, beeldhouwerk, muurskildery en keramiek |
Opleiding | Escuela de Bellas Artes de la Llotja, and Escuela de Arte de Francesco Galí, Circulo Artístico de Sant Lluc, 1907–1913 |
Beweging | Surrealisme, Dada, personeel, eksperimenteel |
Miró se vroeë werke is deur Katalaanse volkskuns geïnspireer, maar toon ook invloede van kubisme en fauvisme. Vanaf die vroeë tot die middel van die 1920's, toe hy in Parys gebly het, het hy onder die invloed van heersende kunsstromings soos dadaïsme en surrealisme van styl verander en begin wegbeweeg van figuratiewe en objektiewe kunsvorme.
Miró word as verteenwoordiger van klassieke moderne kuns met sy fantasievolle beeldmotiewe onder die gewildste kunstenaars van die 20ste eeu gereken. Sy magiese simbole, wat maan, sterre, voël, oog en vrou versinnebeeld, is van die bekendste elemente van sy kuns. Sy laat werke soos die reeks Toiles brûlées ("Verbrande doeke") word dikwels as versteurend ervaar, maar gee as bewuste vernietiging uitdrukking aan sy ontevredenheid oor die kommersialisering van kuns en is 'n oproep om "skilderkuns te vermoor".
Van sy werke is ter versiering van openbare ruimtes gebruik, soos die keramiekmure wat hy vir die UNESCO-gebou in Parys en die Wilhelm-Hack-museum in Ludwigshafen, Duitsland ontwerp het. Sy monumentele beeldhouwerke versier onder meer pleine in Barcelona en Chicago.