Joeri Selenski
Joeri Selenski (Russies: Юрий Селенский, 1922 – 1983) was 'n Sowjetse Russiese skrywer en joernalis wat fiksieboeke oor sy tuisdorp, Astrachan, geskryf het.
Joeri Selenski | |
---|---|
Gebore | Joeri Galisjnikof 16 Junie 1922 |
Sterf | 22 Julie 1983 (op 61) |
Beroep | Skrywer, joernalis |
Biografie
wysigSelenski is gebore in die familie van Wasili Gaslisjnikof en Aleksandra Boedarina wat uit Woronezj-oblast na Astrachan verhuis het. Sy oorspronklike van was Galisjnikof, maar hy het onder die skuilnaam Joeri Selenski gepubliseer. Hierdie van kom van sy tuisbuurt se naam, Selenije.
Hy het in die Tweede Wêreldoorlog in die Rooi Leër gedien. Ná demobilisasie het hy na Astrachan teruggekeer en 'n joernalis by die plaaslike radiostasie geword. Later het hy ook vir die gebied se hoofkoerant, Wolga, geskryf.[1]
Boeke
wysigSelenski se bekendste boek is Не расти у дороги (Ne rasti u dorogi, letterlik "Moenie naby die pad groei nie"), 'n outobiografiese beskrywing van sy kinderjare in Astrachan.
Verwysings
wysig- ↑ Nemirofskaja, Dina. "Любимый всеми (Юрий Селенский)". Изба-Читальня (in Russies). Besoek op 9 Julie 2023.