Johan Cruijff Schaal

Die Johan Cruijff Schaal is 'n Nederlandse sokkertrofee wat na die legendariese sokkerspeler Johan Cruyff genoem is. Die wenner word met 'n enkele wedstryd beslis, wat tussen die wenners van die Eredivisie en KNVB-Beker uitgespook word. Die wedstryd vind tradisioneel in Augustus plaas, een week voor die Eredivisie begin, om die sokkerseisoen te open.

Die trofee waarom meegeding word

Slegs enkele Nederlandse sokkerklubs kon in die verlede die gesogte beker wen. Die huidige kampioen is AFC Ajax wat in 2019 die titel ingepalm het. In 2020 kon die wedstryd om die Johan Cruijff Schaal as gevolg van die wêreldwye Koronaviruspandemie nie gespeel word nie.

WennersWysig

Kere gewen Klub In jaar
11 PSV 1992, 1996, 1997, 1998, 2000, 2001, 2003, 2008, 2012, 2015, 2016
9 AFC Ajax 1993, 1994, 1995, 2002, 2005, 2006, 2007, 2013, 2019
4 Feyenoord 1991, 1999, 2017, 2018
2 FC Twente 2010, 2011
1 FC Utrecht 2004
1 AZ 2009
1 SVV 1949
1 PEC Zwolle 2014