Johan Kriek
Johan Kriek is 'n voormalige Suid-Afrikaanse en later Amerikaanse tennisspeler wat twee keer die Australiese Ope-enkelspel gewen het.
Land | Suid-Afrika Verenigde State | |
---|---|---|
Woonplek | Palm Beach Gardens, Florida | |
Geboortedatum | 5 April 1958 | |
Geboorteplek | Pongola, Suid-Afrika | |
Lengte | 1,75 m | |
Kollege | Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria | |
Begin professioneel | 1978 | |
Afgetree | 1994 | |
Spelstyl | Regshandig (eenhandig handrughou) | |
Loopbaan-wengeld | $2 383 794 | |
Enkelspel | ||
Loopbaanrekord | 374–222 | |
Loopbaantitels | 14 | |
Hoogste rang | No. 7 (10 September 1984) | |
Grand Slam-uitslae | ||
Australiese Ope | W (1981, 1982) | |
Franse Ope | HE (1986) | |
Wimbledon | KE (1981, 1982) | |
VSA-Ope | HE (1980) | |
Groot toernooie | ||
Toereindronde | KE (1982, 1983, 1984, 1985) | |
WTA-kampioenskap | E (1981) | |
Dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | 206–173 | |
Loopbaantitels | 8 | |
Hoogste rang | No. 12 (15 Augustus 1988) | |
Laaste opgedateer op: 23 Oktober 2012. |
Kriek is op 5 April 1958 in Pongola gebore en het in 1976 aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria gematrikuleer. Hy het na Napels, Florida in die VSA verhuis nadat hy in 1978 'n professionele tennisspeler geword het. In sy loopbaan het hy twee keer 'n Grand Slam-enkelspeltitel gewen deur die Australiese Ope in 1981 en 1982 te wen. Hy het veertien enkelspel- en agt dubbelspeltitels gewen. Kriek het in Augustus 1982 'n Amerikaanse burger geword.[1]
In 1981 het hy die Amerikaner Steve Denton in vier stelle 6-2, 7-6, 6-7 en 6-4 geklop en so die Australiese Ope-enkelspelkampioen geword. Hy het Denton in 1982 weer geklop, dié keer in drie stelle, 6-3, 6-3 en 6-2 om die Ope-titel.
Grand Slam-rekord
wysigDie tabel toon Kriek se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in mansenkels waaraan hy deelgeneem het:
Jaar | Australiese Ope | Franse Ope | Wimbledon | VSA Ope |
---|---|---|---|---|
1978 | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Ronde 2 | Kwarteindstryd |
1979 | Nie deelgeneem nie | Ronde 1 | Ronde 3 | Kwarteindstryd |
1980 | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Ronde 3 | Halfeindstryd |
1981 | Wenner | Nie deelgeneem nie | Kwarteindstryd | Ronde 3 |
1982 | Wenner | Nie deelgeneem nie | Kwarteindstryd | Ronde 3 |
1983 | Kwarteindstryd | Nie deelgeneem nie | Ronde 3 | Ronde 4 |
1984 | Halfeindstryd | Nie deelgeneem nie | Ronde 4 | Ronde 3 |
1985 | Kwarteindstryd | Nie deelgeneem nie | Ronde 3 | Ronde 2 |
1986 | Nie deelgeneem nie | Halfeindstryd | Ronde 2 | Ronde 3 |
1987 | Ronde 2 | Ronde 1 | Ronde 4 | Ronde 3 |
1988 | Ronde 2 | Nie deelgeneem nie | Ronde 1 | Ronde 3 |
1989 | Ronde 3 | Nie deelgeneem nie | Ronde 1 | Ronde 1 |
1990 | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie |
1991 | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Ronde 1 | Nie deelgeneem nie |
Verwysings
wysig- ↑ "Kriek Tops Gullikson" (in Engels). The New York Times. 20 Junie 1983. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 6 Junie 2016.