Johannes Mashiane
Suid-Afrikaanse reeksmoordenaar
Johannes Mashiane, ook bekend as die Ondier van Atteridgeville is ’n Suid-Afrikaanse reeksmoordenaar en verkragter wat na bewering minstens 13 mense aangeval het voordat hy in 1989 selfmoord gepleeg het. Hy is deur die polisie in die Pretoriase voorstad Marabastad gejaag toe hy voor ’n bus ingespring het.
Johannes Mashiane | ||
Oorlede | Oktober 1989 | |
Rede vir dood | Selfmoord | |
Land | Suid-Afrika | |
Bynaam | Ondier van Atteridgeville | |
Misdaad | Reeksmoorde | |
Misdaadbesonderhede | ||
Datum(s) | 1982-1989 | |
Slagoffers | 13 jong seuns | |
Getal gedood | 12 | |
Getal beseer | 1 |
Mashiane se eerste moord was omstreeks 1977 op sy meisie. Hy is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis en is in 1982 vrygelaat.[1] Daarna het hy dadelik op ’n tog van moord en sodomie gegaan wat gelei het tot die dood van minstens 12 jong seuns. Hy het hulle óf verwurg óf met klippe doodgegooi. Een slagoffer het sover bekend Mashiane se aanval oorleef.[2]
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "A History of Madness : Serial Killers". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Januarie 2013. Besoek op 5 November 2014.
- ↑ "Frances Farmers Revenge : Johannes Mashiane". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Augustus 2010. Besoek op 5 November 2014.