John Ajvide Lindqvist
John Ajvide Lindqvist (* 2 Desember 1968 in Stockholm-Blackeberg) is 'n Sweedse skrywer, illusionis en skerpskertser.
John Ajvide Lindqvist | |
---|---|
John Ajvide Lindqvist in Augustus 2008 | |
Gebore | 2 Desember 1968 |
Nasionaliteit | Swede |
Beroep | Skrywer, illusionis en skerpskertser |
Lewe
wysigLindqvist is in die Stockholmse stadsdeel Blackeberg gebore en het ook daar grootgeword. Voordat hy met die skryf van gruwelromans begin het, het hy sy brood twaalf jaar lank as grapmaker en skerpskertser verdien.
Reeds met sy debuutroman oor 'n vampier-meisie, Låt den rätte komma in ("Laat die regte een binnekom"), wat hom in die vroeë 1980's in sy geboorteplek afspeel, het vir Lindqvist in 2004 die deurbraak gekom. Die roman het in elf lande verskyn, waaronder die Verenigde Koninkryk, Duitsland en die VSA. Sy tweede werk, die zombie-roman Hanteringen av odöda ("Die hantering van ondooies", 2005), is in agt lande gepubliseer.
Sy derde werk, Pappersväggar (2006), is 'n versameling novelles. Lindqvist se vierde en laaste werk tot dusver, Människohamn, is in die somer van 2008 vrygestel.
Naas romans het Lindqvist ook die draaiboeke vir die Sweedse uitsaaikorporasie SVT se dramareeks Kommissionen en groot dele van die televisiereeks Reuter & Skoog geskryf, net soos die draaiboek vir die verfilming van Låt den rätte komma in (internasionale Engelse titel: Let the Right One In). Ook Lindqvist se tweede boek, Hanteringen av odöda, is deur die rolprentmaatskappy Tre Vänner, wat die regte gekoop het, verfilm.[1]
Bibliografie
wysig- Låt den rätte komma in (2004)
- Hanteringen av odöda (2005)
- Pappersväggar (2006)
- Tindalos (in 2007 as oudioboek op die webtuiste van die dagblad Dagens Nyheters vrygestel).[2][3]
- Människohamn (2008)
- Ansiktsburk av Erik Pettersson (Filmkonst 121, 2009)
- Lilla stjärna (2010)
- Låt de gamla drömmarna dö (2011)
- Tjärven (uitsluitlik as e-boek en oudioboek beskikbaar, 2011)
- The music of Bengt Karlsson, murderer (novelle in die antologie A book of horrors, 2012)
- Sulky och Bebbe regerar okej (saam met Mia Ajvide, 2012)
- Ett informellt samtal om den nuvarande situationen (saam met Tomas Alfredson, 2013)
- Come unto me (novelle in die antologie Fearie tales, 2013)
- Himmelstrand (2014)
- Speciella omständigheter (novelle, 2014)
- Rörelsen, den andra platsen (2015)
- Våran hud, vårat blod, våra ben (2016)
Pryse en toekennings
wysig- Die Svenska Akademien se Harry Martinsson-gedenkprys 2007
- Nöjesguidens pris vir die beste lesing in die literêre jaar 2005 (prys gedeel met Fredrik Strage en Klas Östergren)
- Harry Martinsson-gedenkbeurs vir die literêre jaar 2007
- Die dagblad Göteborgs-Posten se literêre prys van 2008
- Literêre prys van die Selma Lagerlöf-stigting (literêre jaar 2008)
Eksterne skakels
wysig- www.johnajvide.se Geargiveer 4 Mei 2010 op Wayback Machine
Verwysings
wysig- Hierdie artikel, of gedeeltes daarvan, is uit die volgende Wikipedia-artikel vertaal: John Ajvide Lindqvist
- ↑ "Ajvide Lindqvists senaste skräckroman blir film". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 September 2007. Besoek op 23 Mei 2010.
- ↑ "mynewsdesk.com/se". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Februarie 2014. Besoek op 23 Mei 2010.
- ↑ www.dn.se: Många ville bli skrämda[dooie skakel]